Macbeth

'n Plakkaat vir 'n Amerikaanse produksie van Macbeth in 1884, met die hoofrol van Thomas W. Keene. Anti-kloksgewys van bo links, is: Macbeth en Banquo ontmoet die hekse; net na die moord op Duncan; Banquo se spook; Macbeth veg Macduff; en Macbeth.

Macbeth (volle titel The Tragedy of Macbeth) is een van William Shakespeare se bekendste dramas en ook sy kortste tragedie. Dit word gereeld in beroeps- en amateurteaters reg oor die wêreld opgevoer.

Die toneelstuk is losweg gegrond op die geskiedkundige relaas van Koning Macbeth van Skotland deur Raphael Holinshed en die Skotse filosoof Hector Boece.[1] Die drama word oor die algemeen beskou as 'n tipiese verhaal oor die gevare van grootheidswaan en verraad.

Daar word vermoed dat dit in 1606.die eerste keer opgevoer is. Dit dramatiseer die skadelike fisieke en sielkundige gevolge van politieke ambisie vir diegene wat mag om sy eie ontwil soek.

Macbeth is in Afrikaans vertaal deur Eitemal en is in 1965 onder dieselfde titel vir die eerste keer uitgegee.

In die wêreld van teaterkuns glo sommige dat die drama vervloek is, en om nie sy titel binne 'n teater hardop te noem nie, maar eerder daarna as "The Scottish Play" te verwys. In die loop van baie eeue het die toneelstuk van die bekendste akteurs tot die rolle van Macbeth en Lady Macbeth gelok. Dit is aangepas by film, televisie, opera, romans, strokiesprente en ander vorms van media.

  1. "The Columbia Encyclopedia, Sesde uitgawe". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 April 2008. Besoek op 15 Maart 2007.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search